Geniet die lekker Polka-lewe – Stellenbosch Hills se nuutste wyn
Jou wyn-ervaring sal nou soveel geriefliker wees met Polka, die nuwe toevoeging tot Stellenbosch Hills se prettige Polkadraai-reeks. Polka is ’n reeks kwaliteit-wyne, maar gerieflik verpak in 250 ml blikkies.
Met die sonniger dae om die draai, sal Polka ongetwyfeld jou voorkeur vir ’n piekniek wees – dié rede vir jou kuier en dié gunsteling onder jou vriende – bloot omdat ’n Polka kan. Hulle is liggewig, maklik om te pak, gehard en maklik om weg te gooi wanneer hulle leeg is.
Polka is die jongste toevoeging tot die Polkadraai-portefeulje, wat wyne in tradisionele 750ml-bottels en die groter formaat wyn-in-’n-boks, insluit. Polkadraai is reeds ’n baie gewilde handelsmerk en bekend daarvoor dat dit weer die pret na wyn terugbring. Dit draai alles om daardie wonderlike kolletjies.
Die nuwe Polka word in drie opsies vrygestel – Polka Chenin Blanc/ Sauvignon Blanc, Polka Rosé en Polka Pinotage/Merlot. En net omdat hulle in ‘n blikkie is, beteken dit nie dat hulle afgeskeep is nie. Inteendeel, elkeen is kwaliteit-wyn wat volgens die streng standaarde waarvoor Polkadraai bekend is en ook wat die betrokke oesjaar aanbied, gemaak word.
As jou mond water vir ’n heerlike wit, is die Polka-versnit van 2022 chenin blanc en sauvignon blanc die een vir jou. In jou glas skitter dit met ’n groen skynsel. Dis ’n goed gebalanseerde wyn met grasagtige aromas en tropiese vrugte-geure. Geniet dit effens verkoel, op sy eie of saam met kos soos koue komkommersop, soesji en geroosterde hoender.
Vir die pienk-plesier-liefhebbers, is die Polka Rosé 2022, ’n delikate salmpienk wyn, dié somer-keuse. Dis ’n medium styl wyn, met rooibessies- en bloeisel-aromas, met ’n sweempie soet spanspek en steenvrugte. Dis kraakvars, skerp en heerlik op die tong.
Die 2021 Polka-versnit van pinotage en merlot sal enige kuier afskop met aanvanklike bessievrug, pruime en sweempies sjokolade en Franse eikehout-speserye. Dis ’n medium styl wyn, sag en fluweelsag. Geniet dit saam met tamatiebasis pasta of geroosterde vleis.
Die Polkas is beskikbaar by Stellenbosch Hills – vervaardiger van Polkadraai-wyne – se aanlynwinkel, by die kelder se wynproelokaal in Vlottenburg, Stellenbosch en by uitgesoekte kleinhandelwinkels landwyd.
Polka verkoop teen R32.95 per blikkie – sakpas-genot vir jou volgende kamp, buitelug uitstappie, braai of piekniek.
Die Stellenbosch Hills wynkelder en proelokaal is by die kruising van die R310 en Vlottenburgweg net buite Stellenbosch geleë.