Delheim se sampioen-snuffel weer aan
Van groot karbonkels teen ’n boomstam tot ragfyn sampioenkoppies, al hierdie begeerlike paddastoele wag op jou, noudat die wonderlike jagtog vir wilde sampioene by die Delheim-landgoed in Stellenbosch terug is.
Dié bekende kelder in familiebesit, kom nou as’t ware weer uit die donker op soos die heerlike boslekkernye en bied vanjaar sy kundige begeleide uitstappies aan, tydens die jaarlikse baie kort seisoen.
As jy lus is om deel te neem, sal jy moet spring. Nie net omdat sampioene net vir ’n kort rukkie ná die eerste winterreën hul opwagting maak wanneer die toestande perfek is nie; maar ook omdat die Delheim-wildesSampioen-snuffeltogte vir slegs een dag – die openbare vakansiedag, 16 Junie, Jeugdag, vir die publiek aangebied word.
As jy dit misloop, is daar gelukkig ’n ander opsie. ’n Bykomende dag word vir 2 Julie beplan, maar dit is uitsluitlik vir lede van die landgoed se wynklub. As jy nie reeds ’n lid is nie, is dit nou die perfekte tyd om aan te sluit.
Die lekker nuus vir vanjaar is dat deelnemende snuffelaars weer eerstehands van die gasheerduo – wat dit al 15 jaar lank ’n hoogtepunt op die Kaapse wynlanddagboek gemaak het – sal leer. Delheim se Nora Thiel het in ’n huis grootgeword waar daar gereeld vir sampioene gesnuffel is. Die skrywer en spesialis, Gary Goldman, sluit by haar aan. Albei van hulle is meester-mikofiele wat genoeg oefening gehad het om dié fungus uit te snuffel.
Groepe word tot slegs 30 deelnemers beperk, sodat elkeen ’n intieme- en eerstehandse ervaring in hierdie opskiet -geleentheid kan geniet. Elke kaartjie sluit die oorsig oor die snuffeltogte en sampioen-variëteite – wat natuurlik dié wat liefs vermy moet word en dié eetbares insluit, die snuffel-uitstappie in Delheim se woud, ’n driegang-sampioen-geïnspireerde middagete en wyne van die landgoed, in.
Behalwe die insiggewende praatjie en pret wat die geleentheid self inhou, is die Delheim-wilde sampioen-snuffeltogte baie gewild oor die woud waar die paddastoele groei.
Dis hier waar die fungi ongestoord floreer, sy drade onder die woudvloer weef en organiese materiaal in gesonde grond omskep.
Trouens, eetbare sampioene word dikwels aan verskeie gesondheidsvoordele gekoppel en sommige kulture beweer selfs dat hulle bonatuurlike magte het. Wat ookal hul towerkrag, baie spesies is heerlik as ’n gereg, met van die beste voorbeelde hiervan, wat op Delheim groei.
Of jy dus net lus is vir (padda)-wales of net uit jou gemak(stoel) wil opstaan, dis jou kans om saam met die kabouters en feetjies te gaan speel. Dis tyd om op Delheim te gaan kuier.

????????????????????????????????????