Van Loveren se Rhino Run vergroot bewaringsbydrae om SANParke in te sluit
Van Loveren-familiewingerde het pas ’n ooreenkoms met SANParke gesluit, waarvolgens elke verkope van Rhino Run Organic Wine tot Suid-Afrika se natuurlike erfenis sal bydra. SANParke bestuur Suid-Afrika se nasionale parke en is die tweede begunstigde wat nou by hierdie reeks baat.
Die Rhino Run-reeks is in 2013 ïnspireer deur wyle Dr. Ian Player, die stigter van die Player Ntombela Stigting en ʼn bekende natuurbewaringsaktivis, wat sy lewe en loopbaan sedert die 1960’s gewy het aan pogings om die renoster te red. ’n Gedeelte van elke bottel Rhino Run Ian Player rooi-versnit, se verkope word aan bewarings- en anti-stroop inisiatiewe geskenk.
Deur hierdie nuwe ooreenkoms met SANParke, sal ’n gedeelte van die reeks nou aangewend word vir aktiwiteite in die nasionale park en vir renoster-bewaring.
“Ons is baie opgewonde met hierdie verwikkeling; verbintenis; en verhouding vir Rhino Run,” sê Phillip Retief, Van Loveren-familiewingerde se besturende direkteur. “Die bewaring van ons land se natuurliker erfenis, is iets wat ons met trots ondersteun.”
Dumisani Dlamini, SANParke se hoof finansiële beampte, sê: “SANParke is opgewonde om saam met Van Loveren-familiewingerde te werk om sy bewaringsmandaat – veral renosterbewaring – te vervul. Dit is transformerende inisiatiewe soos hierdie, wat ons help om ons omgewing vir toekomstige geslagte te bewaar.”
Hierdie bydrae aan SANParke brei Van Loveren se pogings verder uit om omgewingsgesondheid te herstel en terselftertyd uitsonderlike en elegante wyn te maak. Hierdie reis sluit onder meer in dat Rhino Run Organic Wines onlangs as 100% organies* gesertifiseer is.
Daar is vyf wyne in die Rhino Run organiese reeks, wat bestaan uit twee witwyne, ’n rooi versnit en twee enkel-variëteit rooiwyne.
Rhino Run Sauvignon Blanc
Die wyn het ’n geurige tropiese styl met aantreklike appelliefie en groenvy, wat elegant op die tong talm. Geniet dit yskoud met geskroeide tuna, hoender, gerookte salm, romerige pastas, seekosrisotto, oesters of witvleis.
Rhino Run Chenin Blanc
Hierdie medium-styl Chenin Blanc word gemaak om die wit renoster te eer. Die wyn se aromas van ryp perskes met geurige blomgeure talm effe op die tong. Dis heerlik met gekruide mossels, geroosterde hoender of -vark, vars seekos, kreatiewe slaaie of soesjie.
Rhino Run Ian Player
Die wyn het ryk amandel, pruim en kruisement op die neus. Dit word op die tong gevolg deur ryp bessies, swartaalbessie en rooibessie. Dis ’n Cabernet Sauvignon en Merlot versnit, geskep met die minimum inmenging om elke kultivar toe te laat om sy individuele karaktereienskappe te ontwikkel.
Rhino Run Cabernet Sauvignon
Hierdie dieprooi wyn het ryp bessies, swartaalbessie en rooiaalbessie op die tong. Oordeelkundige eikehoutveroudering verseker ’n sagte, geroosterde geur. Geniet met ryk vleisgeregte, heilsame bredies, vark, wildsvleis of gegeurde kase.
Rhino Run Pinotage
Hierdie unieke Suid-Afrikaanse kultivar verleen ’n pragtige persrooi kleur aan die wyn, wat ’n komplekse neus met ryp piesang, swartaalbessie en aarbei, gevolg deur lae vrugte, vanielje en speserye op die talmende nasmaak, lewer. Dis die ideale pasmaat vir heilsame bredies, ryk rooivleisdisse, speseryagtige kos, kerries en gerookte disse.
Die wyne is by ’n paar uitgesoekte klein- en groothandelaars sowel as aanlyn, teen van ongeveer R80 beskikbaar.
*Organies
Organiese boerderybeginsels verg minder chemiese gebruik op druiwe én die wingerde en het onder meer laer swael in wyn tot gevolg. Dit lei gewoonlik tot gesonder grond en die natuurlike biodiversiteit wat daarheen terugkeer.
Organiese wyn word van druiwe gemaak, wat volgens organiese boerderybeginsels gekweek word en sluit gewoonlik die gebruik van kunsmatige chemiese bemesting, -plaagbeheer, swamdoder en onkruiddoder uit. Die grootste verskil tussen gewone en organiese wyne, is hoe peste en plae in die wingerd hanteer word. Met tradisionele boerdery, is ’n lys geregistreerde produkte beskikbaar om dié situasies te behandel, maar met organiese sertifikasie word enige chemiese plaagbeheer, swamdoder en onkruiddoder verbied. Die organiese produsent moet dus die fundamentele oorsake ondersoek en dit aanspreek.

Die Rhino Run Chenin Blanc.