Nuwe vrystellings gedenk Stellenbosch Hills se 75ste verjaarsdag
Die jaar 1945 sal vir altyd in menseheugenis verewig wees as die einde van ’n katastrofiese Tweede wêreldoorlog. Vir ’n klein groepie Stellenbosse wynboere, het dit ook 75 jaar gelede ’n nuwe onafhanklikheid geskep, wat uiteindelik tot die totstandkoming van Stellenbosch Hills gelei het.
Hierdie gebeurtenis is veral belangrik vir die pas-vrygestelde Stellenbosch Hills Bushvine Pinotage 2017. Pinotage is die eerste rooiwyn-kultivar wat onder die jong kelder se etiket gebottel is. Dit was destyds bekend as Vlottenburg-kelder en het in 2003 Stellenbosch Hills geword.
Hoewel die saadjie vir Stellenbosch Hills reeds in 1707 met die vestiging van die streek se eerste wingerde gesaai is, het die einde van WW2 ’n dramatiese verskuiwing teweeg gebring. Soos vele van hul mede-produsente, is boere van die Vlottenburg-streek volgens wet verplig om hul druiwe aan een enkele regering-koperasie te lewer.
Die boere was moeg om vóór sonop in lang rye te staan om hul druiwe te lewer en boonop hul eie identiteit vir generiese wyne in te boet. Hulle het die geleentheid aangegryp om hul eie kelder te stig.
Vir etlike dekades is hul vrugte aan ’n keur brandewyn-distilleerder gelewer. Maar in 1970 het hierdie pioniersgroep ’n nuwe rigting ingeslaan en dit was ’n pinotage wat die weg vir Stellenbosch Hills gebaan het. Hierdie unieke Suid-Afrikaans variëteit wat vandag wêreldwyd aangeplant is, is deur Abraham Perold geskep, terwyl hy wingerdbou-professor by die Universiteit Stellenbosch was.
Vandag is hierdie erfenis deel van die hart van die nuwe Stellenbosch Hills Bushvine Pinotage 2017.
Die vrugte word met dieselfde trots en sorg geoes en die wyn dan met noukeurigheid gemaak. Dit het vir 14 maande in Franse- en Amerikaanse eikehoutvate gerus, waar dit ’n ryk- en vol karakter ontwikkel het. Die diep robynrooi wyn balanseer komplekse geure van swartbessies, pruime en moerbeie, sagkens vervleg met skeutjies vanielje-eikehout, piesang, donkersjokolade en sigaarboks. Dis pure fluweel op die tong, wat lank ná die laaste slukkie nog talm.
Die nuwe pinotage is egter nie die enigste rede vir opwinding by die kelder nie. Saam met die nuutste oesjaar van die Bushvine Pinotage-vrystelling, kom ook die Stellenbosch Hills Cabernet Sauvignon 2017, Merlot 2017 en Shiraz 2017.
Die vrugte wat vir dié wyne gebruik is, is afkomstig uit ’n gekeurde terroir-palet waartoe Stellenbosch Hills toegang het. Die wynmaak-proses word hier benader soos ’n kunstenaar ’n kunswerk aanpak.
Die druiwe kom van 16 verskillende produsente-plase wat om Stellenbosch geleë is. Hierdie wêreldbekende wynstreek is gereken vir sy diversiteit, wat ’n wye reeks grondtipes en tipografie insluit, en matige Meditereense-styl klimaat, en skep dus die perfekte plek om druiwe te kweek, wat die bekroonde wyne waarvoor Stellenbosch Hills bekend is, lewer.
Die nuutste 2017-oesjaar van Stellenbosch Hills se rooiwyne verkoop vir ongeveer R85/bottel en is by die wynkelder beskikbaar, ook via die Stellenbosch Hills webwerf en by uitgesoekte boetiek-wynwinkels.

Stellenbosch Hills vier 75 jaar met die bekendstelling van ‘n hele aantal nuwe kultivars. James Ochse is die wynamker.