Zandvliet-wyne se towerkrag lê in sy unieke terroir
“Zandvliet bied ’n kykie na ’n spesifieke tyd,” sê Jacques Cilliers, dié Kaapse landgoed se wynmaker. “Dit eggo die geskiedenis en die veranderende invloed van die natuur.
“Ons is baie gelukkig dat die wingerde mal is daaroor en dit vertoon in die wyne,” voeg hy by.
Vir baie mense is Zandvliet dié tuiste van shiraz. Zandvliet was onder die land se heel eerste wynkelders wat dié edele kultivar gebottel het. Maar shiraz is nie die enigste kultivar wat op die plaas floreer nie. Die landgoed het baie lojale ondersteuners onder die-wat-weet, wat elke jaar ywerig op die nuwe chardonnay-oesjaar en ander klassieke aanbiedinge wag.
Die uitgespreide eiendom lê weerskante van die Kogmansrivier, met die majestueuse Langeberge wat dit van die noorde omarm en in die suid-ooste verdwyn. ’n Klein reeks lae kalksteen heuwels lê op Zandvliet se suidelike helfte, wat die spesiale towerkrag na die kalkagtige aarde, of kalkveld, terroir, bring. Slegs 130km suid, lê die suidelikste punt van Afrika – die dinamo van die koel briesies wat die heuwels hier in die somer afkoel.
Die sleutel tot hierdie wyndruiwe se sukses is kalkerige Karoogrond met ’n rooikleibank onder en sporadiese dele krytagtige kalksteen, wat die wingerde voed en ferm suur, gekonsentreerde geure en mineral-voetspoor lewer. Dit word dan baie noukeurig via die kelder – van die wingerd tot die bottel – bestuur.
En so is dit al vir eeue en word dit voortgesit met Zandvliet, wat sedert Oktober 2019 binne die Van Loveren-portefeulje val. Hier vat deurwinterde tradisies met moderne kundigheid hande, om pure luuksheid in ’n glas te maak
Zandvliet-wyne word voortdurend uitgesonder vir hul tydlose elegansie, styl en kwaliteit. Die onlangse pryse sluit in dat Zandvliet Platinum vir die Hill of Enon Small Berry Pick 2018, dubbelgoud vir die Kalkveld 2016 en dubbel-silwer vir die Zandvliet Shiraz 2016 by vanjaar se NWC/Top 100 SA Wines Challenge ontvang het. Dit bevestig Zandvliet se status as een van Suid-Afrika se voorste produsente.
Die huidige portefeulje bestaan uit ’n diverse wynreeks, wat nie net Zandvliet se geskiedenis nie, maar ook die uitmuntende terroir tot sy beskikking, weerspieël.
Zandvliet Shiraz 2017
Die komplekse neus sluit geure van pruime, swartbessie en peper in, met skeutjies gemengde speserye tussenin. Die soomlose smaak is vol donker sjokolade.
Zandvliet Chardonnay 2019
Die Chardonnay se neus spog met lemmetjie-, nektarien-, grenadella- en perske geure, met skeutjies botterkaramel. Dit dra deur na ’n harmonieuse smaak, wat lank talm.
Zandvliet Shiraz Rosé 2020
’n Baie kenmerkende reuk-sensasie van roosblaar, spanspek, aarbei en framboos coulis in hierdie wyn, word saamgevat in ’n baie geronde smaak, wat verfrissend vars is. Die smaak roep rooivrug by jou op, maar die nasmaak is heerlike blomgeure.
Zandvliet Muscat 2018
Verwag intense muskaat-, lemoenskil- en roosblaar-geure met ’n skeutjie speserye. Hierdie lae alkohol (7.17%) wyn ontplof met intense appelkoos-, lemoenskil-, roosblaar- en bietjies spesery-geure. Dit volg deur tot ’n sagte, volronde nasmaak.
Kalkveld Shiraz 2016
Die wyne vertoon aromatiese geure pruim, gedroogte pruime, viooltjies en skeutjies speserye. Elke slukkie het ’n kenmerkende geïntegreerde houtsmaak en ’n lang, fluweelagtige nasmaak. Dit verkoop teen ongeveer R240/bottel.
Hill of Enon Shiraz 2018
Die wyn se delikate, gelaagde geure met bloubessies, droplekkers en donker sjokolade wat deurgaans op die tong te bespeur is, vermeng met pruim-, sigaarboks- en sjokoladegeure. Dit eindig in ’n lang, sagte nasmaak.
Zandvliet-wyne is by hul aanlynwinkel en by uitgesoekte wynhandelaars en restaurante landwyd, beskikbaar.

Jacques Cilliers, Zandvliet se wynmaker.

Zandvliet Kalkveld Shiraz

Zandvliet Chardonnay